Javascript is currently disabled. This site requires Javascript to function correctly. Please enable Javascript in your browser!

  • Wie is die Heilige Gees?

    Waarom moet jy gereinig word voordat die Heilige Gees jou sal vervul?

    Die vervulling met die Heilige Gees verleen aan jou 'n oorwinnende lewe ooreenkomstig die nuwe natuur van Christus waarmee Hy jou beklee. Dit verskil radikaal van die ou, vleeslike lewe wat jou in 'n onvrugbare bestaan van sonde en neerlaag vasgekluister wil hou.

    Lees Meer
    Slide image
  • Ken u vir Jesus?

    Is daar plek vir Hom in u lewe?
    Is u gered?
    Moenie uitstel nie, maar neem Hom vandag nog aan!

    Hierdie is die belangrikste besluit van u lewe!

    Kry nou hulp!
    Slide image
  • "Kyk, Ek kom gou..."

    - Openbaring 22:7

    Stel u belang om meer te weet?
    Moenie hierdie opwindende reekse misloop nie!

    Kyk na die Videos
    Slide image
  • Wat kan ek doen om gered te word?


    Niks...

    ...jy is te laat vriend, jy is te laat!

    Hoekom is dit te laat?

    Vind uit!
    Slide image

Welkom by Hosea 4:6

Deel |

Die Hosea 4:6 webtuiste is gestig met die doel om geestelike materiaal met alle Afrikaans sprekendes regoor die wêreld te deel. Veral Suid-Afrikaners wat in die buiteland is en wat nie by 'n kerk ingeskakel het nie of dalk sukkel om 'n kerk familie op te spoor. Indien u wel by 'n gemeente ingeskakel het, wil ons u nog steeds uitnooi om na hierdie besondere boodskappe te luister. Ons weet dat almal deur hierdie boodskappe geraak sal word. Lees meer oor ons hier.

Dagstukkie : Titel of Getuienis deur Ds. Johan Cloete

Hosea 4:6 Dagstukkie

Dit was tydens die grade plegtigheid van 'n Teologiese Seminarie dat al die studente 'n geleentheid gegun is om voor ouers en gaste hul getuienis te deel van die opleiding asook hul ervarings. Gewoonlik sal die prinsipaal dan na die tyd 'n paar woorde wissel voor die afsluiting. Die jaar het die prinsipaal opgestaan en ’n paar harde woorde voor almal gesê: Kinders julle gaan almal sterf!...

...Julle mag miskien nie dink dat julle gaan sterf nie, maar julle gaan verseker sterf. Een van die dae gaan hulle jou na die begraafplaas neem, jou in die graf laat afsak en grond op jou gesig gooi om dan na die kerksaal terug te keer en heerlike broodjies en gevulde eiers te eet.

Tydens jou geboorte, was jy die enigste een wat gehuil het terwyl al die ander gelag het. Die belangrikste vraag wat ek vir jou wil vra is dit:

  • Gaan jy die enigste een wees wat gelukkig gaan wees en al die ander agter laat om te huil? Die antwoord gaan wees of jy lewe om titels te bekom of getuienisse.
  • Gaan hulle jou lys van grade aflees of gaan hulle vertel wat jy vir hulle lewe beteken het?
  • Gaan jy agter laat die nuusblad in die koerant van hoe belangrik jy was of huilende mense wat gaan vertel dat hulle het die beste vriend nog ooit verloor?
  • Gaan hulle vertel van al die rade waarop jy gesit het en wat jy besit het of gaan hulle vertel van hoeveel jy gegee het wat 'n verskil in die wêreld gemaak het?

Daar is niks verkeerd met titels nie, dit is 'n goeie ding om 'n titel te besit MAAR indien jy voor die keuse kom van titel of getuienis, gaan vir die getuienis.

  • Farao het die titel besit maar Moses die getuienis.
  • Nebukadnesar het die titel besit maar Daniel die getuienis.
  • Koningin Isebel het die titel besit maar Elia die getuienis.
  • Pilatus het die titel besit maar Christus Jesus die getuienis.

WAT SAL DIT WEES VIR JOU LEWE?

As ons die getuienis van die mense aanneem--die getuienis van God is groter, omdat dit die getuienis is van God wat Hy aangaande sy Seun getuig het.

1 Johannes 5:9

Gebed

Dankie Vader vir die getuienis van die Heilige Gees in my lewe!

AMEN

Besoekers

Nuutste Media

Geskryf op 5/13/2012 deur Martin Loubser in Dr. Hennie Prinsloo Video
Geskryf op 5/13/2012 deur Martin Loubser in Dr. Hennie Prinsloo Video
Geskryf op 4/22/2012 deur Martin Loubser in Ds. Johan Botha Video Getuienisse
Geskryf op 4/1/2012 deur Martin Loubser in Ds. Johan Botha Klank
Geskryf op 3/25/2012 deur Martin Loubser in Dr. Hennie Prinsloo Video
Geskryf op 3/25/2012 deur Martin Loubser in Dr. Hennie Prinsloo Video
Asset 1