Friday, 28 April 2017

Welkom by ons Hulpbronne Bladsy

Ons bid dat hierdie bladsye vir almal tot seën sal wees.

Saligheid

Saligheid

Liewe besoeker, wil u graag seker wees:

  • dat al jou sondes vergewe is,
  • dat jy eendag hemel toe gaan,
  • dat jou siel gered is,
  • dat jy 'n kind van God is,
  • hoe om by Jesus uit te kom, hoe Hy in jou lewe kan kom en jou 'n nuwe skepsel sal maak.

 

Volg dan die volgende raad stap vir stap. Baie het al so sekerheid verkry. As jy stiptelik volg, is ek oortuig daarvan dat jy sekerheid sal verkry en nooit weer verlore sal gaan nie, maar vir ewig by Jesus sal wees.

Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verby gegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

2 Korintiërs 5:17

Gratis: Stap vir Stap - Raad aan die soekende siel

'n Verduideliking aan die hand van die Bybel, om elkeen wat na sekerheid van redding verlang, in staat te stel om SELF SEKER te maak. Kliek op die skakel hieronder om hierdie gratis boekie af te laai. Moenie uitstel nie, want hierdie is die grootste besluit van u lewe!

 

Skrif Gedeeltes

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

1 Johannes 1:9

Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.

Lukas 19:10

Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

Markus 2:17b

Share

Comment function is not open