Sunday, 16 December 2018

Welkom by Oor Ons Bladsy

Die doel met hierdie bladsye is om meer inligting oor ons en die webtuiste met u te deel.

Stap teen Geweld in Suid-Afrika

  • 2012-06-14
  • View Count 1852
Stap teen Geweld in Suid-Afrika

Almal word hartlik uit genooi om deel te neem aan die Stap teen geweld wat op 19 Junie 2012 om 10h00 vanaf die Pretoria Kunsmuseum tot by die Uniegebou gehou sal word.

Dit sal baie waardeer word indien u hierdie uitnodiging met u vriende kan deel! Versprei dit op Facebook, Twitter en stuur die inligting per epos. Die sukses van hierdie staptog hang nou af van dit wat ons almal gaan insit met betrekking tot die bekendmaking hiervan.

Ons bid, hoop en vertrou dat u almal hiermee sal help. Kom ons kyk hoe groot en wyd ons vandag nog hierdie uitnodiging kan uitkry.

Die vermoorde baba, Wiehan Botes (5 maande), se ouers stap ook saam. Dan stap Bobby, Karlien, Steve Hofmeyer, Gerrie Pretorius, Flooze (Sorina) Izak Davel, Derick Hougaard, Arno Jordaan en nog baie, baie ander bekendes ook saam op daardie dag. Ons het julle almal nodig om saam te stap. Al die inligting oor die staptog is hier onder opgesom en kan ook as 'n PDF en prentjie lêer afgelaai word.

'n Uitnodiging word ook aan al die ander dorpe en stede in Suid-Afrika gemaak om presies dieselfde staptog in hulle dorpe of stede saam te organiseer.

Meer Inligting:

Tyd & Plek

  • Ons begin 10:00 by die Pretoria Kunsmuseum se parkeerarea (hoek van Schoemanstraat en Wesselsstraat).
  • Vandaar stap ons na die Uniegeboue. Die staptog ontbind daar nadat die memorandum teen misdaad oorhandig is.

Kleredrag

  • Slegs SWART klere (ons rou oor elke persoon in Suid-Afrika wat sy of haar lewe verloor het a.g.v. moord en geweld.
  • WIT serpie, wit bandana of with hoedjie (simboliseer die vrede waarin ons loop en die vrede wat ons soek vir ons land)

Belangrik: Lees asseblief

  • Geen eie plakkate sal toegelaat word nie. Plakkate sal voorsien word.
  • Geen politieke vlae, plakkate of embleme sal toegelaat word nie. Hierdie is nie 'n politieke protes nie.
  • Pak 'n rugsak met eie verversings, soos toebroodjie, water, energiestafies, ens.

Media: Stap teen geweld in Suid-Afrika

Share

Comment function is not open