Tot hiertoe en nie verder nie

Deur W.P.D. de Waal

Inleiding

Strukture vir Bybelvertalings is reeds sedert die laat negentiende eeu deur die "New Age" beweging geïnfiltreer. Dit het geskied in assosiasie met die Rooms­Katolieke Kerk, wat verantwoordelik was vir die wêreldwye verspreiding van hierdie Bybels.

a Satanic religious system that wants to engulf the earth.

John MacArthur

Twee sleutelpersone wat hierby betrokke was, was die "Bybelvertalers'' van Cambridge, Brooke Foss Westcott (1825-1901) en Fenton John Anthony Hort (1828-1892),[2] wat tans geidentifiseer word as vaders van die Westerse vertakking van die "New Age" beweging, in samewerking met die "New Age" hoëpriesteres, Helena Petrovna Blavatsky (1831 -1891 ).[3]

Westcott en Hort het 'n "nuwe" Nuwe Testament geproduseer deur die amalgamasie van twee Rooms-Katolieke manuskripte, die Codex Vaticanus en Codex Sinaiticus. Die Nuwe Testament is in 1881 gepubliseer as die "British Revised Version". Westcott en Hort se geamalgameerde Codex Vaticanus en Codex Sinaiticus het later as basis gedien vir wêreldwye Bybelvertalings, wat onder andere insluit: die "New International Version" (NIV), "American Standard Version",[4] "New American Standard Version", "New Living Translation", "Revised Standard Version", "New Revised Standard Version", "The Message", New English Bible, Revised English Bible, Good News Bible en ander vertalings in Engels, asook die "Nuwe Afrikaanse Vertaling van die Bybel", die "Nuwe Lewende Vertaling in Afrikaans" en vertalings in ander tale regoor die wêreld.

Westcott en Hort was geassosieer met die "Oxford-Movernent"[5] wat in 1833 vanuit die Universiteit van Oxford ontstaan het.[6] Die doel van die beweging was die infiltrasie en beïnvloeding van Protestantse geloofsgemeenskappe om uiteindelik amalgamasie met die Rooms-Katolieke Kerk te aanvaar. Dié ondermyning van Protestantse gemeenskappe is deur die "Church of England" (Anglikaanse Kerk) gekanaliseer.[7]

Waar algemene lidmate van die Roorns-Katolieke Kerk in die verlede verbied is om Bybels te besit, word hierdie "nuwe" Bybels tans ook onder Rooms­Katolieke versprei. Buiten die Apokriewe boeke, wat in Rooms-Katolieke uitgawes verskyn, het Protestante en Rooms-Katolieke nou dieselfde Bybels. Die oogmerk is dat dit as basis sal dien vir die amalgamasie van Protestante en Rooms-Katolieke, wat tans onder die vaandel van 'n "Ekumeniese beweging" gepropageer word. Hierna beplan die Rooms-Katolieke Kerk skakeling met die ander gelowe van die wêreld.

Die beoogde onderwerping van Protestante en skakeling met ander gelowe is as volg opgesom in 'n beskrywing van pous Johannes 23 se lewe in die boek "ICONS OF THE 20th CENTURY: 200 men and women who have made a difference" deur Barbara Cady. Pous Johannes 23, voorheen genaamd Angelo Guiseppe Roncali (1881-1963),[8][9] was die argitek agter Vatikaan II, waar die veldtog vir die hedendaagse onderwerping van Protestante geloods is. Cady skryf:

(Pope John 23) "... initiated the most sweeping reforms the church had seen since the Renaissance. The architect of an ecumenical movement seeking to unite all Christians and to reconcile them with the world's other great religions, he was the mastermind behind Vatican II, the 1962 convocation of the world's Catholic leaders ...."[Beklemtoon deur De Waal] [10]

Dié pous word tans deur verskeie bronne geïdentifiseer as 'n lid van die Rosekruisers,[11] 'n toonaangewende kern-organisasie in die "New Age" beweging, soos later bespreek.[12]

Vatikaan II het ook die grondslag gelê vir toekomstige skakeling met ander gelowe. Gary H. Kah skryf in sy boek "The New World Religion: the Spiritual Roots of Global Government":

"Vatican II, which opened on October 11, 1962 at St. Peter's Basilica in Rome, added fuel to the growing ecumenical movement and helped pave the way for the acceptance of interfaithism. Pope John XXIII resided over the Council's proceedings. According to M. Basil Pennington, a prominent Catholic priest, the Council urged 'all Christians ... to act positively to preserve and even promote all that is good in other religions: Hinduism, Buddhism, and other world religions.' [13] To carry out this interfaith directive, the Vatican Council established the Secretariat for Non-Christians, which would eventually be renamed the Secretariat for World Religions."[14]

Pous Johannes Paulus II, wat self'n aktiewe deelnemer by Vatikaan II was,[15] se betrokkenheid by die Rooms-Katolieke intergeloofsagenda word deur Kah beskryf:

"Years later, Pope John Paul II would take the Council's initiatives a step further by holding an actual interfaith summit in Assisi, Italy .... This 1986 gathering, consisting of leaders from the world's major religions and initiated by the Pope himself, would represent a visible transition from traditional 'ecumenism' to the new 'interfaithism.'

"Although these terms are often used interchangeably today, historically the public has viewed ecumenism as an effort aimed at unifying Christian churches. Interfaithism, on the other hand, has been perceived as a broader attempt to unify all of the world's religions. In spite of the public's perception, beneath the surface, ecumenism and interfaithism have been intertwined. The fact is, ecumenism has been used by New Age religious planners as a spring- board to interfaithism. Once most of Christendom has been brought together under a false spiritual unity, it was thought that Christianity might be prepared to go the next step by merging with the other religions."[16]

[1] Basilisk-eiers broei hulle uit, en spinnerakke weef hulle; hy wat van hulle eiers eet, moet sterwe; en as dit stukkend gedruk word, bars daar 'n adder uit. Jesaja 59:5

Waarskuwing

Hierdie publikasie is primêr 'n waarskuwing dat die ware Christendom tans op berekende wyse deur anti-Christelike magte geïnfiltreer word in 'n poging om dit van binne lam te lê. Alhoewel hierdie boek op Bybelvertalings fokus, bevat dit ook inligting oor die Rooms-Katolieke Kerk en "New Age" beweging. Kennis hiervan mag in die toekoms vir ware Christene van oorlewingsbelang wees. Toekomstige navorsers mag die uitgebreide bronnelys in hierdie boek van waarde vind.

Voetnotas:

  1. ^ DIE BYBEL (Ou Vertaling) (Tiende Suid-Afrikaanse druk 1995; Eerste uitgawe 1933) Kaapstad:Bybelgenootskap van Suid-Afrika
  2. ^ Erasmus "Skrifgesag, Deel 1" pp 224 - 226
  3. ^ Ibid. p 230; Kah "New World Religion" p 18
  4. ^ Die "American Standard Version" en die "New American Standard Version" verskil van ander vertalings wat die "nuwe" Nuwe Testament bevat. Die gedeeltes wat deur Westcott en Hort se veranderings geraak word, verskyn in hakies, met notas of voetnotas wat verklaar dat die dele uitgelaat of verander behoort te word.
  5. ^ Erasmus "Skrifgesag, Deel 1" p 231
  6. ^ Ibid. pp 230, 231, 301, 302
  7. ^ Gouws "Stryd om die Waarheid" pp 553, 554
  8. ^ "Encarta"; Gouws "Stryd om die Waarheid" p 535
  9. ^ Angelo Guiseppe Roncali was die tweede pous met die naam "Johannes 23". Die eerste pous Johannes 23 (1410 - 1415 n.C.) met die naam Baldassarre Cossa, word bestempel as die goddelaosste van alle pause. Hy is deur die Rooms-Katolieke Kerk afgesit weens beskuldigings van moord, seksmisdade en diefstal.(Gouws "Stryd om die Waamed" p 2881)
  10. ^ Cady "Icons" p 194
  11. ^ Gouws "Stryd om die Waarheid" p 428; Erasmus "Skrifgesag, Deel 1" pp 182, 183; Livesay "Understanding the New Age" p 141
  12. ^ Van Niekerk "Die Vrymesselary" pp 60 e.v.
  13. ^ Kah "New World Religion" p 208 wat aanhaal uit Pennington "Vatican II" p 144
  14. ^ Kah "New World Religion" p 208 wat aanhaal uit Pennington "Vatican II" pp 146 -147
  15. ^ Pope John Paul II "Private Prayers" p 6; "Encarta"
  16. ^ Kah "New World Religion" pp 208, 209