Wat Kan Jy Doen Om Gered te Word?

Die Evangelis Billy Sunday was soos 'n Billy Graham in sy tyd. Eendag, terwyl hy help met die opruimingsaktiwiteite na 'n groot evangeliese byeenkoms, kom 'n jong man na hom aangehardloop en vra, "Is u Billy Sunday?"

Die prediker antwoord, "Ja, ek is." Die jong man sê toe bekommerd aan die prediker, "Ek het ongelukkig hierdie byeenkoms gemis. Meneer, kan u asseblief vir my vertel wat ek moet doen om gered te word?"

So deur die opruimingsaktiwiteite antwoord die prediker, "Jy is te laat vriend, jy is te laat!"

Die jong man vra verbaas met skok, "U bedoel tog seker nie dat ek te laat is net omdat ek die byeenkoms gemis het nie?"

Die prediker stop met sy werk en antwoord, "Jongman, as jy iets wil doen sodat jy gered kan word, is jy honderde jare te laat... jy is 20 eeue te laat! Alles wat gedoen moes word vir jou redding, is alreeds 2000 jaar gelede deur Jesus aan die kruis gedoen. Dit is klaar gedoen, jy kan niks doen om gered te word nie! Al wat daar vir jou oorbly, is om aan die voete van die Here Jesus Christus neer te val en Hom as jou Saligmaker, as jou Here en Meester, in jou hart in te nooi, om Hom te vertrou vir jou saligheid!"

En skielik het die jong man verstaan. Hy het op sy knieë neergesak. Hy het op die Here Jesus vertrou, Hom alleen, en wat Hy gedoen het, en met berou en beleidenis van sy sondes die Here Jesus aangeneem...

Skrif Gedeeltes

Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

2 Petrus 3:9

Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.

Galasiërs 6:8