Stap teen Geweld in Suid-Afrika

Almal word hartlik uit genooi om deel te neem aan die Stap teen geweld wat op 19 Junie 2012 om 10h00 vanaf die Pretoria Kunsmuseum tot by die Uniegebou gehou sal word.

Dit sal baie waardeer word indien u hierdie uitnodiging met u vriende kan deel! Versprei dit op Facebook, Twitter en stuur die inligting per epos. Die sukses van hierdie staptog hang nou af van dit wat ons almal gaan insit met betrekking tot die bekendmaking hiervan.

Ons bid, hoop en vertrou dat u almal hiermee sal help. Kom ons kyk hoe groot en wyd ons vandag nog hierdie uitnodiging kan uitkry.

Die vermoorde baba, Wiehan Botes (5 maande), se ouers stap ook saam. Dan stap Bobby, Karlien, Steve Hofmeyer, Gerrie Pretorius, Flooze (Sorina) Izak Davel, Derick Hougaard, Arno Jordaan en nog baie, baie ander bekendes ook saam op daardie dag. Ons het julle almal nodig om saam te stap. Al die inligting oor die staptog is hier onder opgesom en kan ook as 'n PDF en prentjie lêer afgelaai word.

'n Uitnodiging word ook aan al die ander dorpe en stede in Suid-Afrika gemaak om presies dieselfde staptog in hulle dorpe of stede saam te organiseer.

Meer Inligting:

Tyd & Plek

Kleredrag

Belangrik: Lees asseblief

Media: Stap teen geweld in Suid-Afrika

Laai die PDF lêer af

Laai PNG Prentjie af