Ja, 2020 was ‘n buitengewone moeilike jaar vir baie mense regoor die wêreld. Is u bekommerd oor wat 2021 vir ons inhou? As Christine weet ons dat God in beheer is en dat Jesus binnekort Sy Kerk (Bruid) gaan kom haal (wegraap). As Jesus Christus in jou is, kan jy beslis oorleef en floreer in enige situasie. Die Satan is 'n leuenaar en probeer om ons hoop te steel, maar ons hoop is nie in hierdie deurmekaar en sondige wêreld nie. My gunsteling Bybel vers is:
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Filippense 4: 13
God het jou so lief dat Hy sy enigste Seun, Jesus Christus, gestuur het om vir jou sondes te sterf. Jesus het die dood oorwin en opgestaan uit die graf. Sy bloed het betaal vir al jou sondes, Hy het jou 'n kans gegee om hemel toe te gaan! Al wat jy hoef te doen, is om Sy wonderlike geskenk van redding te aanvaar.
As jy hierdie dinge doen, sal God jou sondes vergewe en jou hart verander! Vertel ander oor hierdie goeie nuus!
Is u gereed om die stap te neem? Kliek hier om meer uit te vind.
Kom ons kyk terug na wat met ons webtuiste in 2020 gebeur het. Ek wil in alle nederigheid die volgende statistiek met u deel. Onthou alle eer kom die Here toe en hierdie werk is om Sy koninkryk uit te brei: