Die Vier Bloedmane

Nota: Hierdie artiekel is geneem vanaf Dr. Hennie Prinsloo se webtuitse.

Tekens aan die son, maan en sterre!

Kosmiese tekens verwys na verskynsels in die hemelruim, tekens van die hemelliggame, die son, maan en sterre. Die Here God het hierdie hemelliggame geskep om verskeie redes, maar een daarvan is om te dien as tekens, om tekens te wees.

En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.

Genesis 1:14

Voor die wederkoms van Jesus sal hierdie kosmiese tekens verskyn as 'n soort aankondiging dat die wederkoms van Jesus op hande is. Die profeet Joël het gesê:

Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.

Joël 2:31

Petrus verwys ook van Joël:

19 En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp. 20 Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.

Handelinge 2:19-20

Jesus het ook gesê dat kosmiese tekens sy wederkoms vooraf sal gaan:

29 En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. 30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.

Matthéüs 24:29-30

...en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom.

Lukas 21:11

25 En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, 26 en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. 27 En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk, met groot krag en heerlikheid.

Lukas 21:25-27

Die apostel Johannes skryf in Openbaring:

12b ...en die son het swart geword soos 'n harige sak, en die maan het geword soos bloed; 13 en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos 'n vyeboom wat deur 'n groot wind geskud word, sy navye laat afval;

Openbaring 6:12-13

Openbaring 8:12 verwys na 'n tyd wanneer 'n derde van die lig van hemelliggame deur 'n oordeel van God uitgedoof sal word, terwyl daar later selfs 'n tyd van totale verduistering op aarde sal intree (Openbaring 16:10).

En die vierde engel het geblaas, en 'n derde van die son is getref en 'n derde van die maan en 'n derde van die sterre, sodat 'n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so.

Openbaring 8:12

Die vier bloedmane

Daar is die afgelope tyd geweldige belangstelling opgewek in die kosmiese tekens na aanleiding van 'n publikasie van die Messiaanse Jood, Pastor Mark Blitz. Hy het 'n opspraakwekkende ontdekking gemaak oor sons- en maansverduiterings wat in die jaar 2014 en 2015 sal voorkom. Pastor Mark Blitz het sy inligting gekry van NASA se webblad NASA Eclipse. NASA het uitgewys dat 2 bloedmane in 2014 sal verskyn en weer 2 rooimane in 2015. En die middel van die 4 bloedmane sal daar ook 'n sonsverduitering wees.

Nota: Ons het addisionele media onderaan die artikel bygesit.

Wat verder baie interssant is, is dat die verskyning van die 4 rooimane presies met Joodse godsdienstige dae sal saam val en so ook die sonsverduitering op 'n belangrike datum op die volk Israel se kalender. Dit kan nie as toeval beskou word nie!

Bloedmane in 2014

Op 20 Maart 2015 sal daar 'n sonsverduitering wees, dis op 1 Nissan, die Joodse Nuwejaar

Weer 2 Bloedmane in 2015

NASA noem hierdie verskynsel van 2 bloedmane in opeenvolgende jare 'ntetrad. In die res van die 21ste eeu sal daar (volgens NASA) nie weer 4 bloedmane in op eenvolgende jare op Joodse feesdae wees nie.

Dr. John Hagee sê die datums van die bloedmane is deur NASA nagevors en vasgestel, terwyl die datums van die Joodse feeste is deur God bepaal. Dit is daarom twee uiters betroubare bronne.

Die bloedmane se verskyning in die verlede

Die verskyning van bloedmane in die verlede het saamgeval met belangrike gebeure rondom die volk Israel.

Baie kenners verwag dat die verskyning van die bloedmane in 2014/15 beslis met belangrike profetiese gebeure in Israel sal saamval.

Wat is die boodskap van die die bloedmane?

Lering van die Joodse Rabbies

Bybelse profesieë voorspel daadwerklik bogenoemde oordele van God oor die nasies, oor die vyande van Israel en oor die hele wêreld in die eindtyd!

Daar kom 'n oordeel van God oor al die nasies

Want die toorn van die HERE is oor al die nasies, en grimmigheid oor al hulle leërskare; Hy het hulle met die banvloek getref, Hy het hulle oorgegee om geslag te word.

Jesaja 34:2

Want die HERE hou 'n dag van wraak, 'n jaar van vergelding in die regsaak van Sion.

Jesaja 34:8

14 Naby is die groot dag van die HERE, naby en baie haastig. Hoor! die dag van die HERE! Bitterlik skreeu die held daar. 15 Dié dag is 'n dag van grimmigheid, 'n dag van benoudheid en angs, 'n dag van woestheid en verwoesting, 'n dag van duisternis en donkerheid, 'n dag van wolke en wolkenag, 16 'n dag van basuingeklank en krygsgeskreeu teen die versterkte stede en teen die hoë hoekvestings. 17 En Ek sal die mense in benoudheid bring, en hulle sal rondloop soos blindes, omdat hulle teen die HERE gesondig het; en hulle bloed sal vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek. 18 Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat wees om hulle op die dag van die grimmigheid van die HERE te red nie, maar deur die vuur van sy ywer sal die hele aarde verteer word; want Hy bring vernietiging, ja, 'n verskriklike, oor die inwoners van die aarde.

Sefánja 1:14-18

Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.

Matthéüs 24:21

Daar kom ook 'n oordeel van God oor die vyande van Israel

Eségiël 38 en 39 beskrywe die oordele van God oor Rusland en sy bondgenote in die eindtyd.

Die slag van Armagéddon sal ook 'n oordeel van God oor die nasie wees. (Opb. 16:16). Die oorlog sal plaasvind met Jesus se sigbare wederkoms soos in Opb. 19:11-21 beskrywe word.

Die profeet Sagaría het ook hierdie slag van Armagéddon voorspel in Sagaría. 14:3,4 en 12:

3 En die HERE sal uittrek en stryd voer teen dié nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog. 4 En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot 'n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide. 12 En dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond.

Sagaría 14:3,4,12

Hierdie gebeure staan die wêreld voor die deur. Dit is my mening dat ons die teken van die bloedmane ernstig moet opneem!

Addisionele media wat deur ons bygesit is

Ons het hierdie media op YouTube raakgeloop. Kyk gerus en trek u eie gevolgtrekkings...